Fundamental Factory About Us artwork

FUNDAMENTAL FACULTY

Fundamental Skool bied eksklusiewe onderrig aan jou kind.
Ouderdomsgroepe wissel vanaf 6 weke – Graad 8.
Uitbreiding vir Graad 9 vir Januarie 2022.
Raak vertroud met die webblad waarop al die nodige inligting verskyn wat ons passie vir onderrig beklemtoon en wat alles aangebied word.

Visie

Om ʼn stimulerende omgewing met gekwalifiseerde onderwysers, wat goed onderrig is in hul vakgebied, daar te stel. Volgehoue in-diens opleiding, sal verseker dat u kind t.o.v. alle aspekte – fisies, sosiaal, emosioneel en intellektueel – optimaal sal ontwikkel.

Misie

Kinders sal d.m.v spel en gestruktureerde aktiwiteite leer om verantwoordelikheid te aanvaar, selfstandig te word en hul persoonlike doelwitte en uitdagings te verwesenlik.

Hoekom behoort ons die EERSTE KEUSE vir u kind te wees?

Fundamental Factory owl icon

OMGEWING

  • Fundamental Factory is geleë in ʼn rustige, maklik bereikbare, veilige omgewing: U kind se tweede tuiste.
  • Kinderaktiwiteite kan deur ouers en personeel m.b.v. eenrigtingvensters, waargeneem word.
  • Geallokeerde spasie per kind in leer oppervlakte is 2.29m2. Oppervlakte per kind insluitend binnehuis speel area en ondersteunde area is 6.17m2.
  • Gefilterde water word gebruik.
  • Sterilisasie eenheid om alle voorraad te steriliseer.
  • Ontwerp van gebou is sodanig dat daar natuurlike sonlig is en is volgens internasionale standaarde opgerig m.b.t. grootte van klaskamers, speelareas, badkamers, kombuis, higiëne, ens.
  • Afsonderlike aktiwiteits – en
  • Voldoende parkeergeriewe.
  • Ten volle toegeruste industriëele kombuis wat aan die Departement van Gesondheid se vereistes voldoen.
  • Higiëniese dromme vir weggooibare doeke.
Fundamental Factory rocket icon

VEILIGHEID EN SEKURITEIT

  • 67 kameras is 24 uur/dag geaktiveer.
  • 24 uur/dag gewapende reaksie eenheid.
  • Veilige toegang, wat individueel toegeken word.
  • Veiligheidshekke wat toegang tot sekere areas, beperk.
  • Voertuig op perseel vir noodgevalle.
  • Kinders is NOOIT sonder toesig nie.
  • Register van insidente word op daaglikse basis, voltooi.
Fundamental Factory child icon

BELANGRIKE

  • Klasse is in spesifieke ouderdomsgroepe ingedeel, vanaf babas tot en met graad R.
  • Daar word voorsiening gemaak vir babas vanaf 6 weke tot en met graad R leerders.
  • Graad 1 tot en met Graad 3 open in 2019.
  • Graad 4 tot en met Graad 7 open in 2020.
  • Graad 8 open in 2021.
  • Graad 9 sal open in 2022.
  • Klasratios is binne aanbeveelde quantiteite om te verseker dat u kind die hoogste gehalte van sorg ontvang.
  • Tye: Weeksdae: Ons is van 6h30 tot 17h30 oop. Fleksie tye kan gereel word, teen addisionele koste. Ons maak nie voorsiening om na 18:30 na kinders om te sien nie.
  • Vakansies:  Dieselfde tye geld en daar word voorsiening gemaak vir n vakansieprogram
  • Die skool sluit vir ongeveer twee weke gedurende die feesseisoen.
  • Ons is op publieke vakansiedae gesluit.
Fundamental Factory rocking horse icon

PERSONEEL

  • Assistente het ‘n passie vir hul werk en is onderwysstudente wat in-diens opleiding doen.
  • Ondersteuningsspan bestaan uit n kliniese sielkundige, spraakterapeut, remediërende terapeut, traumaberader en speel terapeut.
  • ‘n Dieetkundige word gekonsulteer om te verseker dat n goed-geballanseerde, smaakvolle spyskaart, vry van preserveermiddels en nadelige toevoegings, is.
  • Jaarlikse gehoor-en-oog siftingstoetse word deur professionele persone gedoen.
  • Die personeel, doen gereeld opleidingskursusse, ten einde hulle te verryk en in staat te stel om verskillende situasies te hanteer, bv. Woedeuitbarstings, boelies, ens.
  • Alle personeel is opgelei in KPR en Eerstehulp.
Fundamental Factory owl icon

KURRIKULUM

  • Addisionele onderrigsmateriaal en metodiek, verryk CAPS kurrikulum, om te verseker dat elke kind sy/haar ontwikkelingsmylpale, behaal.
  • Inlyn met IEB en Umalusi geakkrediteerd.
  • Optimale ontwikkeling van elke kind se potensiaal word so bereik.
  • Interessante, toepastlike temas word gebruik.
  • Mylpaalontwikkeling word daagliks gemonitor en korrektiewe onderrig kan dan plaasvind. Indien u kind spesifieke mylpale nie in ‘n gegewe tydperk bereik nie, sal maatreëls in plek gestel word om dit aan te spreek.
  • Vroëe leesgereedheid en skryfprogram.
  • Voorskoolse evaluerings word by die skool deur gekwalifiseerde personeel, gedoen.
  • Waardes t.o.v. die natuur, musiek, kunste en drama word gekweek deur spesifieke programme.
  • Rympies en sang aktiwiteite om kreatiwiteit aan te spreek.
  • Goeie fisiese en persoonlike gewoontes word gekweek.
  • Elke kind word as ‘n unieke individu met spesifieke behoeftes beskou.
  • ‘n Verskeidenheid aktiwiteitsareas en fantasiehoekies leer kinders om rolspel te doen, ‘n vereiste vir abstraering.
  • Vroeë intervensie t.o.v. leergeremdhede, maak voorsiening om agterstande in te haal.
  • Addisionele aktiwiteite is beskikbaar vir begaafde kinders.
  • Aanleer van toiletgewoontes is deel van die kurrikulum.
  • Vorderingsverslae word kwartaaliks uitgereik.
Fundamental Factory rocket icon

APPARAAT

  • Professionele personeel ontwerp en vervaardig apparaat om aan ons vereistes te voldoen en om te verseker dat elke kind sy/haar potensiaal bereik.
  • ‘n Wye verskeidenheid van opvoedkundige speelgoed is beskikbaar.
  • Die jongste tegnologie is beskikbaar om personeel en kinders op die gebied te bemagtig.
  • Speelapparaat voldoen aan spesifieke ontwikkelingsfases. Daar is drie verskillende speelareas:
  • Binnenshuis, sagte speel area en apparaat vir buite.
  • Alle apparaat is stewig geanker en in ‘n veilige area.
  • Sand in sandput word gereeld vervang en word na sluitingstyd toegemaak.
  • Graad R leerders het toegang tot rekenaars.
Fundamental Factory child icon

VOEDSEL

  • Alle etes voldoen aan die standaarde wat deur die dieetkundige daargestel is. Geen preserveermiddels en nadelige byvoegings word gebruik nie.
  • Smaakvolle etes wat op ‘n weeklikse basis verander word om verskeidenheid te verseker.
  • Vars groente word in alle geregte gebruik vanaf babas tot voorskools.
  • Hoë standaard van higiëne word gehandhaaf in die industrieële kombuis wat deur die gesondheidsinspekteur, uitgeklaar is.
  • Ontbyt, versnapperinge en middagete word aan voldag-kinders, voorsien.
  • Halfdag kinders ontvang ontbyt en versnapperinge.
  • Amerikaanse gestileerde kantien
Fundamental Factory rocking horse icon

ANDER

  • ‘n Naskoolsentrum, waar huiswerk gemonitor word,maaltye en versnapperinge verskaf word asook addisionele stimulasie gegee word, is op die perseel.
  • Sportprogramme bevorder motoriese ontwikkeling
  • Interessante programme word tydens vakansies aangebied.
  • Kinderpartytjies word op skoolgronde gehou.
  • Oupa en Ouma dae word jaarliks gehou.
  • Konsert aan die einde van die jaar.
  • Gradeplegtigheid vir graad R leerders.
  • Ander interessante geleenthede word aangebied.